Bookings : 082 854 4685 info@blou-huis.co.za
Home Events Toneel Steeds Donkie – met Frank Opperman

Steeds Donkie – met Frank Opperman

Frank Opperman vertolk die rol van die skoolhoof, mnr. Barry Swart, alom bekend as Donkie. Mnr. Barry Swart (Frank) is die hoof van ‘n Hoërskool Hans Oosthuizen. Hy is uitgebrand, “suf
geslaan” en gebombardeer” – dit is die beste beskrywing van sy gemoedstoestand. Die arme man lê onder ‘n ploegskaar van terneergedruktheid, maar oorkom dit met humor. Die stuk skop by Maandagoggend se saalopening af. Wat doen ‘n skoolhoof wanneer hy besef dat sommige leerlinge nie die einde van die jaar gaan slaag nie? Dis is ná die Covid-19-pandemie en niemand het die moed, lus of ywer om die wa deur die parasietbesemette drif te trek nie. En  die kinders moet maskers dra! Die skool is onder finansiële druk, sowel as druk om van ‘n Afrikaansmediumskool na ‘n dubbelmediumskool te verander. Ondanks die moeilike tye probeer Mnr. Swart dinge maak werk maar hy is goed gatvol. Hy praat nou meer Engels, maar ‘n baie swak Engels, hy voer selfs die Jerusalema-dans uit en hy sukkel met sy huwelik. Boonop kom die Black Lives Matter-saak ook ter sprake. Daar is verder honderde eksemplare van die skool se herdenkingsboek gedruk wat niemand wil lees nie……Die Beheerliggaam sowel as sommige ouers en onderwysers eis mnr. Swart se kop. Mnr. Swart oorweeg om te bedank, maar dan, een Maandagoggend tydens saalopening, besluit hy om sy kant van die saak te stel…..

‘Frank Opperman en Dana Snyman het met “Donkie” ‘n karakter geskep wat met die eerste effe onbeholpe woord reeds diep in die hart kruip. Met soveel humor, fyn waarneming, subtiele  kommentaar en absolute deernis word ‘n storie vertel waarin ieder en elk homself sal verkneukel.’

Tydsduur: 60 minute
Ouerbegeleiding, Afrikaans

Date

Nov 26 2022
Expired!

Time

7:30 pm - 9:00 pm

Location

Blou huis
245 Voortrekker St Nieuwoudtville, 8180
Category

Organizer

Johan Kotze
Phone
+27828544685
Email
info@blou-huis.co.za
QR Code

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *